Your Recipe Blog

GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI MET JOGURT

GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI MET JOGURT

  • 2 pakkies groen jellie (suurlemoenjellie), aangemaak met 250 ml kookwater
  • 1 Engelse komkommer
  • 500 ml granadilla jogurt

Maak die pakkies suurlemoenjellie aan met die kookwater.
Laat dit afkoel – dit moet heeltemal koud wees.
Skil en rasper intussen die komkommer.

Plaas die gerasperde komkommer in ‘n sif bo-oor ‘n bak en laat die vloeistof uitloop.
As jy haastig is, kan jy ook ‘n kleinbordjie of piering bo-op sit afhangende van die groote van jou sif en gewig daarop plaas sodat die vloeistof vinniger kan uitpers.
Wanneer die jellie amper gestol is, klits die joghurt daarby in.
Meng die komkommer deeglik met die jelliemengsel en gooi in ‘n voorbereide jellievorm.
Plaas in die yskas om te stol.
Keer net voor opdiening uit op ‘n opdienbord en bedien dadelik.

Nota:
Ek het dit bedien saam met ertjies en vars kruisement en dit was regtig heerlik vars.
Celia se:
Baie lekker ligte slaai – werk goed vir ons warm somer maande – goeie bygereg op ‘n kerstafel.

Foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page