Your Recipe Blog

GESTOLDE JOGURT VOORGEREG MET FRANSE KAASBROODJIES

GESTOLDE JOGURT VOORGEREG MET FRANSE KAASBROODJIES

  • 500 ml jogurt (enige geur)
  • 15 ml gelatine
  • 25 ml warm water

Smelt gelatine in water en roer by jogurt.
Skep in kolwyntjiepanne en laat set.
Keer uit wanneer gestol en versier met vrugtestokkie en lekker aarbei- of bloubessiesous.

Kaasbroodjies
Sny skuins snye Franse brood of gebruik sommer broodrolletjies.
Rasper kaas op die fyn kant.
Meng kaas met genoeg mayonnaise om dit bo-op die broodjie te sit sonder dat dit loperig is en afloop.
Bak in oond tot broodjie gerooster en kaas lekker ligbruin is.
Dit is heerlik koud of warm.

Resep en foto: Amanda Struwig

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page