GESOUTE KARAMEL
- 2 koppies witsuiker
- 1 koppie water
- 2 koppies room
- 4 teelepels vanilla geursel
- ½ teelepel sout
- 3 eetlepels botter
Verhit die room, sout en vanilla saam tot kookpunt( kan in mikrogolf gedoen word).
Plaas die suiker en water in ‘n groot swaarboompot (ek gebruik ‘n Le Creuset pot) en verhit oor medium tot lae hitte sonder om te kook tot jy seker is al die suiker is gesmelt.
As jy met gas werk, maak seker dat die hitte onder die pot is, anders kristalliseer die suiker teen die pot se kante.
Sodra jy seker is die suiker is gesmelt, verhoog die hitte en laat dit kook.
MOENIE DIE POT ROER NIE!!! “Swirl” net die pot.
Die borrels gaan groter en “luier” word.
Onthou om jou pot te “swirl”.
Die suiker gaan begin skroei so wees gereed met jou botter.
Sodra die suiker ‘n neutbruin kleur het, voeg die botter in en roer vinnig met ‘n ballonklitser.
Voeg jou room in sarsies by terwyl jy die bedryf heeltyd met ‘n ballonklitser roer.
Ek dra ‘n oondhandskoen want die stoom kan jou brand.
Sodra al die room ingevoeg is, en jy ‘n homogene mengsel het, kook jy dit tot 106°C.
Skep uit in ‘n glas bak wat met Spray en Cook gespuit is.
Koel 10 minute af en “surface cover” met kleefplastiek.
Laat staan tot koud.
Gebruik dit en jy sal nooit weer ‘n blikkie karamel koop nie.
Resep en foto: Frikkie Jones