Your Recipe Blog

GESONDHEIDSBLOKKIES

GESONDHEIDSBLOKKIES

  • 2 koppies sjokolade muffin “mix”
  • 1 koppie bruismeel
  • 2 koppies hawermout
  • 2 koppies klapper
  • 3 koppies muesli
  • 2 koppies bruinsuiker
  • 125 g woonden spoon margarien
  • 1 koevertjie koeksoda
  • 50 ml melk
  • 3 eiers
  • 50 ml stroop
  • 1 pakkie grondboontjies, fyner gekap

Klits suiker en margarien saam en voeg eiers een vir een by.
Voeg koeksoda gemeng met melk by.
Meng alle ander droë bestanddele goed deur en voeg lepelsgewys by die suiker- en eier mengsel.
Laat rus ‘n uur en druk in gesmeerde oondpan.
Bak 45 min teen 160ºC.

Nota:
Die koeksoda word opgelos in die 50 ml melk en roer dit goed asseblief sodat dit heeltemal opgelos is. Die suiker en margerien mengsel moet ook romerig wees dan voeg jy die stroop by en dan die koeksoda opgelos in die melk. Dis bros aan die buitekant maar heerlik sag binne.
Ek het ook die ”cluster” muesli gebruik maar hier kan jy lekker speel en enige droë vrugte insit net wat jy voor lus is. Of net grondbooontjies en rosyne of lemoenskil of selfs versuikerde droë vrugte, die keuse is joune.

Resep en foto: Cobie Gagiano

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page