Your Recipe Blog

GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING

Het vandag hierdie lekker beskuit gebak, ek weet ongelukkig nie wie het die resep vir my gegee nie, en ek het hom bietjie aangepas.

  • Smelt saam en laat afkoel:
  • 500 g margarien
  • 1 koppies suiker
  • 1 koppie heuning
  • Meng saam:
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie wheatbix, gebreek
  • 1 koppie semels
  • 2 koppies hawermout (oats)
  • 3 koppies “nutty wheat” meel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 50 ml bakpoeier (10 teelepels)
  • 1 teelepel sout
  • ½ koppie klapper
  • 1 koppie Jungle energy crunch
  • ½ koppie gedroogte piesangstukke, fyner gemaak
  • Ekstra:
  • 500 ml karringmelk (of 450ml melk en 40ml asyn laat staan om dik te word)

Meng karringmelk met gesmelte botter, suiker en heuning.
Meng al die droë bestanddele en meng met die karringmelkmengsel.

Nota:
Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.
Druk met die hande in 2 groot oondpanne vas en maak gelyk.
Bak in oond van 180°C vir 10 min.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdure 30 min of tot gaar.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
Droog uit in oond by 100°C vir 4 – 5 ure (eie keuse)

Foto en Resep: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page