Your Recipe Blog

GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

GESONDHEIDSBESKUIT MET HEUNING

Resep en foto: Rina Kleinhans
Het vandag hierdie lekker beskuit gebak, ek weet ongelukkig nie wie het die resep vir my gegee nie, en ek het hom bietjie aangepas.

  • Smelt saam en laat afkoel:
  • 500 g margarien
  • 1 koppies suiker
  • 1 koppie heuning
  • Meng saam:
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie wheatbix, gebreek
  • 1 koppie semels
  • 2 koppies hawermout (oats)
  • 3 koppies “nutty wheat” meel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 50 ml bakpoeier (10 teelepels)
  • 1 teelepel sout
  • ½ koppie klapper
  • 1 koppie Jungle energy crunch
  • ½ koppie gedroogte piesangstukke, fyner gemaak
  • Ekstra:
  • 500 ml karringmelk (of 450ml melk en 40ml asyn laat staan om dik te word)
  • Meng karringmelk met gesmelte botter, suiker en heuning.
  • Meng al die droë bestanddele en meng met die karringmelkmengsel.
  • Nota: Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.
  • Druk met die hande in 2 groot oondpanne vas en maak gelyk.
  • Bak in oond van 180°C vir 10 min.
  • Stel oond af na 160°C en bak vir verdure 30 min of tot gaar.
  • Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
  • Droog uit in oond by 100°C vir 4 – 5 ure (eie keuse)

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page