GESONDHEIDS MUFFINS MET WORTELS EN ROSYNE
Gebak met kamma-karringmelk.
- In ‘n groot mengbak, meng die volgende bestanddele:
- 2 x 250 ml semels (bran)
- 2 x 250 ml Nutty Wheat
- 125 ml hawermout (oats)
- ½ koppie rosyne
- 1 koppie gerasperde wortels
- 2 opgehoopte teelepels koeksoda
- ½ teelepel sout
- In ‘n ander mengbak, klits die volgende bestanddele saam:
- 2 eiers
- 180 ml bruinsuiker
- 125 ml Canola olie/ olyf of advokado olie kan ook gebruik word
- 500 ml karringmelk / kamma-karringmelk (250 ml melk gemeng met 20 ml asyn)
- 5 ml vanilla geursel
- ½ teelepel elk gemmer en kaneel
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Spuit 2 x 6-holtes reuse muffin panne met Spray and Cook.
Maak ‘n holte in droë bestanddelemengsel, voeg die melkmengsel by en meng tot net gemeng.
Skep die panne half vol en bak vir 20 – 25 minute.
Resep en foto: Rina Kleinhans