Your Recipe Blog

GESONDE OONDGEBAKTE OMELETGEREG

Cook: ± 35 minute | Servings: 2-3 porsies

GESONDE OONDGEBAKTE OMELETGEREG

Heerlike lae koolhidraat ete. Gebruik soveel eiers soos die hoeveelheid porsies wat jy wil maak.
Pas die room en kaas daarby aan, hierdie hoeveelhede is vir 5 omelette.

  • Per omelet:
  • 1 eier
  •  sout en peper
  • 1 eetlepel water
  • Vulsel:
  • Oorskiet vleis van jou keuse
  • Bolaag vir 5 omelette:
  • 250 – 375 ml room
  • 500 ml gerasperde kaas
Klits die eier, sout en peper en water saam en bak genoeg van dié omelet in ‘n pan  maw bak dit soos ‘n pannekoek.
Skep van die gaar vleis op die een kant van elke omelet.
Rol vleis op in gaar omelette en pak gevulde omelette in die oondbak.
Giet room oor sodat die omelette bedek word en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak by 180 ºC  tot room styf is en kaas mooi bruin bo-op gebak is.
Afhangende van jou oond ± 35 minute.
Resep en foto’s:  Corne van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page