GESONDE MAALVLEIS- EN LENSIE BOBOTIE
Foto en resep geplaas deur Gillian Logan Bredenhann
- bietjie olie
- 1 gekap ui
- gekapte knoffel
- 600 g ektra maer beesmaalvleis
- 15 ml kerrie
- 5 ml borrie
- knyp koljander
- 10 ml asyn
- 45 ml lite blatjang
- sout en peper
- 125 g bruin lensies, gaar gekook
- Bolaag:
- 2 eiers
- 375 ml laevet melk
- Braai ui en knoffel sag in bietjie olie. Voeg maalvleis by en braai gaar.
- Voeg res van die bestanddele, behalwe eiers en melk, by en prut stadig vir 10 min.
- Skep in gesmeerde oondbak.
- Klits eiers en melk en giet bo oor.
- Bak 35 min by 180ºC tot gestol.
Category:












