GESONDE KOMKOMMERHAPPIES
- 1 lang komkommer
- 1 blikkie tuna, goed gedreineer
- bietjie mayonnaise lite of eie keuse mayonnaise
- sout, peper en kruie na smaak
Gebruik ‘n goeie skiller en sny komkommer in dun repies.
Meng die mayonnasie met kruie, sout en klam tuna met dié mengsel aan.
Skep die vulsel op die komkommerrepe se punte en rol dit op.
Pak op ‘n mooi opdien bord.
Bedien die happie dadelik, want die komkommer trek water.
Nota:
Jy kan ook gerasperde appel en wortel meng en die komkommer daarmee vul.
Resep en foto: Ansi Pypers Fourie