GESMOORDE LAMSKENKELS
My gesmoorde lamb shank met ertjie en aartappelpuree met ‘n leke sous.
- Lamskenkels:
- 2 lamskenkels (omdat ons net 2 mense is)
- 1 groot ui, fyn gekap
- 4 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies
- 1 groen soetrissie
- 1 eetlepel kerriepasta
- 1 eetlepel tamatiepasta
- 1 blikkie Miami boerie relish
- 1 liter beesvleisaftreksel
- botter
- sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot so 140°C. Neem die lamskenkels en strooi bietjie sout en peper op. Smelt botter in die pot en braai die skenkels in die pot tot mooi bruin. Haal uit en sit een kant.
Gebruik dieselfde pot en braai die uie, knoffel en rissie tot sag. Voeg die kerriepasta, tamatiepasta by en braai saam in die pot. Voeg die res van bestanddele by saam met die lamskenkels, sit in die oond en laat dit stadig kook vir so 2 en ‘n half uur.
Verwyder die lamskenkels uit die pot en hou een kant. Verhit die oorblywende sous in die pot tot dit lekker dik is. Haal pot af van die stoof af en giet deur ‘n sif in ‘n bakkie, gebruik as heerlike sous.
- Ertjie en aartappelpuree:
- 4 middelslag aartappels, saggekook in soutwater
- ½ eetlepel vars fyn knoffel
- 1 eetlepel botter
- bietjie melk
- ½ eetlepel bakpoeier
- vars gemaalde swart peper, na smaak
- 1 koppie ertjies, sag gekook
Dreineer en maak aartappels en ertjies fyn saam.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Bedien saam met die heerlike skenkels en sous.
Lekker eet!!
Foto en resep: Jaun Pienaar