GESMELTE CAMEMBERT WIEL MET SPEK VINGERS
Ek het gou YouTube reseppie probeer en bietjie aangepas.
- 2 rolle skilferkorsdeeg
- 2 eiergele
- gemengde knoffel en kruie speserye
- 1 hele Camembert kaas wiel
- mosterd
- vars knoffel
- roosmaryn
- tiemie
- repies spek
Spuit oondpan met kleefwerende middel.
Lê ‘n rol skilferkorsdeeg bo-op oondpan.
Verf met geklitste eiergeel.
Strooi speserye oor, jy kan enige speserye van jou keuse gebruik.
Plaas die Camembert in die middel.
Sit genoeg knoffel, roosmaryn en tiemie op die camembert en smeer ook mosterd oor.
Steek die camembert oral met skerp messie dat die geure in die oond goed deur alles kan trek.
Rooster spek tot gaar maar nie bros, jou broodjiemaker is die ideale manier om dit so te braai.
Lê die gaar spek nou soos sonstrale vanuit die camembert na die buitekant van die pan (sien ook fotos).
Bedek die spek gedeelte met nog ‘n laag skilferkorsdeeg.
Sny nou die deeg dat dit gelyk met die repies spek loop.
Wen elke spekstraal op dat dit gedraai lyk.
Maak seker jou “strale” is eweredig rondom die camembert gerangskik.
Smeer met eiergeel en strooi nog speserye oor.
Bak by 180ºC vir 30 minute of tot goudbruin.
Sit in mooi ronde bord en bedien warm.
Breek spek stokkies af en doop in die gesmelte camembert.
Geniet met goeie rooiwyn.
As jy nie my gedagtes verstaan of dit nie sin maak nie, ek verwys na die fotos.
Resep en foto: Dricus Bosman