Your Recipe Blog

GERRIE SE SUURLEMOENTERT

Recipe by
Cook: 25-30 minute | Servings: 1 medium tert

GERRIE SE SUURLEMOENTERT

Maklik en “classic” soos ou Gerrie dit destyds vir die Belmont Hotel op Ceres se Sondag poeding buffet voorgesit het.

  • 1 pakkie Mariebeskuitjies
  • 2 eetlepels botter of margarien, gesmelt
  • 3 eiers geskei
  • 3 suurlemoene se sap en gerasperde skil
  • 1 blik kondensmelk
  • 5 eetlepels strooisuiker

Maak die beskuitjies grof fyn en meng met gesmelte botter.
Druk die beskuitjiemengsel vas in ‘n ongeveer 25 x 25 cm grootte tertbak en plaas in yskas.
Plaas die suurlemoensap, skil en eiergele in ‘n mengbak en klop tot dik en romerig.
Voeg die kondensmelk by en klits tot gemeng.
Skep die gemengde bestanddele op die beskuitjiekors.
Klits eierwitte en strooisuiker tot sagte punte vorm.
Skep die styfgeklitste eierwitte oor die tertvulsel en bak vir 25 – 30 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC.
Nnjamm!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page