Your Recipe Blog

GEROOSTERDE SOETSUURRISSIESOUS

GEROOSTERDE SOETSUURRISSIESOUS

“Ek loop al lank met die ideë om ‘n geroosterde soetsuur chilliesous te maak. Met die oes wat einde se kant toe staan, het ek die laaste rooi chillies gepluk en pitte verwyder.”

  • 2 koppies rooirissies, in stukke gesny
  • 6 groot ryp tamaties, skille verwyder
  • 6 medium uie
  • 1 knoffelbol, al die huisies
  • vars kruie, na smaak (ek het roosmaryn, basieliekruid, origanum en pietersielie gebruik)
  • 10 ml sout
  • 125 ml balsamiese asyn
  • 125 ml witasyn
  • 250 ml suiker
  • 250 ml fyn appelkooskonfyt

Meng al die groente en vars kruie in ‘n groot roosterpan en voeg sout en balsamiese asyn by.
Plaas pan hoog in die oond en rooster vir ongeveer 30 minute – roer een keer deur.
Laat bietjie afkoel.
Plaas in voedselverwerker of versapper en voeg suiker, witasyn en appelkooskonfyt by. Kap tot lekker fyn en goed gemeng.
Plaas in ‘n kastrol en kook sowat vyf minute (vanaf kookpunt), sodat suiker kan oplos. Bottel in gesteriliseerde bottels.

Resep en fotos: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page