GEROOSTERDE HOTNOTSVIS
Ek en vroulief het nou net kla gebraai, die hottie was heerlik, sappig en lekker vet. Ekt my vingers behoorlik afgelek.
- 1 groot hotnotsvis
- sout en peper
- suurlemoensap
Sny die hottie van sy rugkant af oop en haal die binnegoed uit.
Krap die skubbe alles af. (ek krap die skubbe af want ek eet dan die vel ook)
Ek sit vooraf geen sout of enigiets op nie. (sout trek alle vog uit die vis)
Plaas die oopgesnyde vis op ‘n toeklap rooster en braai vir ‘n paar minute met die vleiskant op die kole. (dit gee ook sommer die vis ‘n effe braai kleur)
Draai dit dan om met die velkant op die kole en braai nog ’n paar minute.
(in totaal ±15 min)
Terwyl die velkant op die kole braai, sout en peper dan die vleiskant na smaak en besprinkel ruim met suurlemoen sap.
Draai die rooster om en sorg dat die vis los is van die rooster, maw die velkant na bo.
Maak die rooster oop en plaas ‘n skinkbord onderstebo op die vis.
Draai dan die rooster om met skinkbord en al, dan lê jou vis met die vleiskant bo, op die rooster.
Haal dan net die skinkbord af en siedaar, die vissie lê mooi netjies met vleiskant na bo.
Bedien dit saam met nog ‘n suurlemoen skyfie en slaptjips uit vroulief se pot.
Dit wassss djeeeeeeerlik ryk sappig en smaaklik.
Regte egte weskus kos ❤️
Resep en foto: Gideon Louw