Your Recipe Blog

GEROOSTERDE GROENTE EN WORS OP KOESKOES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4

GEROOSTERDE GROENTE EN WORS OP KOESKOES

  • Genoeg groente vir 4 (vandag s’n was aartappels, botterskorsie, rooi uie, sampioene en brusselse spruite)
  • 500 g boerewors, ‘n effens vetterige boerewors werk lekker
  • 1 koppie koeskoes (couscous)

Voorverhit die oond toto 200 ºC.
Sny al groente op in groterige stukke.
Plaas al die groente in ‘n oondpan, bedruip  met olyfolie, maak seker al die stukke is ingevryf en sprinkel Robertson’s oriental nori rub, sout en paprika oor die groente.
Sit die wors op die groente.
Plaas in oond vir 45 min. Draai wors om en bak nog ongeveer 10 min totdat alles gaar en sag is.

Skep die groente en wors uit en behou die pansappe.
Gebruik die vloeistof van die oondpan om die koeskoes te maak. Een koppie vloeistof word benodig, voeg kookwater by soos benodig. Meng die warm vloeistof met die koeskoes en sit neer tot gereed om te gebruik.
Sny die wors in stukkies en bedien wors en groente op die koeskoes.

Resep en foto: Wian Swart

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page