GEROOSTERDE BRUSSELSE SPRUITE
- 20 brusselse spruite
- 15 ml olyfolie
- 10 ml balsamiese asyn
- 15 ml Dijon mosterd
- 15 ml esdoringstroop (of heuning)
- sout en gemaalde peper
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die steeltjies van die spruite af en dop die geel blaartjies buite om af indien enige.
Voeg die spruite in ‘n bak, geur met sout en peper na smaak en skud goed deur.
Voeg die olyfolie en balsamiese asyn by en skud of roer deur tot die spruite goed bedek is.
Voeg die mosterd en stroop by en roer goed deur (gebruik maar die hande) totdat die spruite goed bedek is.
Spuit ‘n oondvaste bak met kossproei en voeg die spruite in die oondbak.
Plaas die bak met spruite onbedek in die oond en bak vir 15 minute, bedruip die spruite weer met bietjie olie na 15 minute en roer die olie deur.
Laat rooster die spruite vir nog 15 minute tot al dente gaar.
Resep en foto: Johan Rossouw