Your Recipe Blog

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP

Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis

  • 2 uie, gekap
  • 700 g botterskorsie, afgeskil en in blokkies gesny
  • 1 appel, geskil en in blokkies gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml koekmeel
  • 10 ml kerriepoeier
  • 5 ml sout
  • 1½ teelepel gemaalde neutmuskaat
  • 750 ml water
  • 40 ml hoenderaftrekselpoeier
  • 375 ml melk
  • fyngerasperde skil en sap van 1 lemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • brosgebraaide botterskorsieskyfies
  • ekstra botterskorsie, geskil
  • olie vir diep braai
  • vars koljanderblare
  • Ververhit oond tot 200 ºC.
  • Meng die uie, botterskorsie en appel met olie, versprei in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat en bak 30 min.
  • Haal uit die oond en roer die koekmeel, kerriepoeier, sout en neutmuskaat deeglik by die groente.
  • Verhit die water in ‘n groot kastrol tot kookpunt.
  • Voeg die hoenderaftreksel, melk, lemoenskil, sap en geroosterde groente by.
  • Prut vir 10 minute.
  • Versap met ‘n handmenger of in ‘n voedselverwerker tot glad. Geur na smaak indien nodig.
  • Botterskorsieskyfies:
  • Skil intussen met ‘n aarpappelskiller lang repe botterskorsie af.
  • Diepbraai in warm olie tot bros en dreineer op kombuispapier.
  • Skep in bakkies en garner met botterskorsieskyfies en vars koljanderblare.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page