Your Recipe Blog

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESLAAI

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESLAAI

Resep en foto: Willem Bierman

  • 2 kg botterskorsie, in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in fyn blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in fyn blokkies gesny
  • 2 stingels seldery, gekap
  • ½ bossie sprietuie, gekap
  • ½ koppie rosyne of bosbessies
  • vars pietersielie, gekap
  • 20 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 10 ml fyn komyn
  • ½ koppie bruinasyn
  • 3 eetlepels appelkooskonfyt
  • 3 eetlepels suiker
  • sout en peper na smaak
  • Geur botterskorsie met sout en peper en rooster tot gaar.
  • Meng borrie, kerrie, komyn, suiker, asyn en appelkooskonfyt in ‘n kastrol en verhit tot die suiker gesmelt is.
  • Sodra die botterskorsie gaar en afgekoel is, meng al die bestanddele in ‘n bak goed deur.
  • Verkoel verkieslik oornag.
  • Skep in opdienbak en rond af met pietersielie.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page