GEROOMDE BLOMKOOLBLARE
- 8 – 10 groot blomkoolblare, wit are uitgesny
- kookwater
- ½ ui, gekap
- 20 ml olyfolie
- 15 ml knoffelbotter
- 100 g roomkaas
- 100 ml room
- ½ wiel gekrummelde Feta
- ½ teelepel knoffelpoeier
- sout en peper na smaak
- 2 eetlepels gerasperde Parmesaankaas
Kook die blomkoolblare in kookwater vir omtrent 8 minute.
Dreineer en plaas die blare in ‘n ysbad tot heeltemal koud. Dreineer goed. Sny die blare in repe.
Braai die ui oor medium hitte in die olie tot deurskynend.
Voeg die blare en die res van die bestanddele (behalwe die Parmesaan) by, prut totdat ‘n romerige sous gevorm het.
Skep die mengsel in ‘n 15 x 10 cm bak, sprinkel Parmesaan bo-oor en bak 15 tot 20 minute by 180 ºC tot goudbruin en deurwarm.
Resep en foto: Ilze Jacobs