GEROOKTE WESKUS SNOEK
Ons eerste probeerslag met gerookte snoek was toe ‘n reuse sukses!
Bedek die snoek met growwe sout, laat lê vir sowat 20 minute, spoel sout af.
Maak die snoek winddroog vir sowat ‘n uur of klad droog.
Sprinkel growwe sout en peper, bietjie suurlemoensap (knoffel en botter opsioneel).
Pak ‘n foelie laag onder in jou roker. Strooi ‘n halwe koppie houtsaagsels, 2 rooibos tee sakkies se inhoud, takkie of twee roosmaryn op die foelie.
Sit die snoek op die rooster en maak die roker toe.
Trek die laaitjie uit en maak die watte in die laaitjie nat met spirits tot dit net begin deurloop.
Steek die watte in die laaitjie aan die brand en stoot dit terug in die roker.
Voila, 20 min later heerlike gerookte snoek.
Resep en foto’s: Lelane Van Der Walt
Great recipe