Your Recipe Blog

GEROOKTE SNOEKPASTEI

Recipe by
45 - 50 minute
| Servings: 6 porsies

GEROOKTE SNOEKPASTEI

Ek het nog nooit so iets gemaak nie, maar net besluit, dis wat ek alles in my pastei wil sit. Die hoeveelhede is min of meer, kyk maar soos julle aangaan.

  • 1 ui, opgekap
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 350 – 450 g gerookte snoek, gevlok
  • 1 groot aartappel opgesny in blokkies
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 200 ml room
  • 2 eetlepels suurroom
  • 1 eier
  • varsgekapte pietersielie
  • swartpeper
  • wit Cheddar/Mozzarella kaas en Gouda kaas, gerasper en gemeng
  • paprika
  • skilferkosdeeg

Braai die ui en knoffel in ‘n pan op die stoof oor medium hitte.
Voeg die gevlokte gerookte snoek by die gebraaide ui en knoffel en braai saam sodat die geure goed kan meng.
Kook intussen die aartappelblokkies in ‘n pot met klein bietjie water tot gaar, dreineer en plaas eenkant.
Meng die soppoeier met die room en suurroom en klits totdat al die klonte opgelos is, voeg die sopmengsel by die snoek en uie in die warm pan en roer deur.
Kook die vulsel vir ongeveer 5 – 10 minute.
Die mengsel sal effens dik voorkom. (Soos ‘n mengsel waarmee jy viskoekies maak)
Voeg die gaar aartappelblokkies en die eier by die snoekmengsel en roer liggies deur sodat die aartappel nie heeltemal fyndruk nie. Die heel stukkies aartappel in die vulsel is heerlik.
Rol die skilferkosdeeg effens uit, nie te veel nie en plaas die deeg in ‘n groot genoeg oondbak vir die vulsel.
Maak seker die bodem en kante van die bak is bedek met deeg, prik gaatjies in die deeg op die bodem van die bak.
Blindbak die deeg in ‘n voorverhitte oond van 200ºC vir 10 – 15 minute.
Verwyder die oondbak met die gaar deeg uit die oond en skep die vulsel in die deegkors, strooi die mengsel van die wit Cheddar/Mozarella en gewone Gouda kaas bo-op die vulsel.
Sprinkel ‘n bietjie paprika oor die kaas.
Bak die tert vir 20 minute by 180ºC en weer ‘n verdere 10 min op rooster totdat die kaas effens verbruin.

Nota:
O, en amper vergeet ek, bietjie vars gekapte pietersielie en swartpeper is heerlik… verder het dit nie veel nodig nie.

Resep en foto: Nadia Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5