Your Recipe Blog

GEROOKTE PAPRIKA VARK FILET PANNEKOEKE

GEROOKTE PAPRIKA VARK FILLET PANNEKOEKE

  • 450 g varkfilet, in repe gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyn gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 250 g sampioene, in skywe gesny
  • 200 g blik tamaties met sap
  • 25 ml gerookte paprika
  • 2.5 ml gedroogde tiemie
  • 15 ml tamatiepuree
  • 120 ml hoenderaftreksel
  • 160 ml suurroom
  • grasuie, gesnipper

Geur die varkrepies met sout en peper.
Verhit die olie in die pan en voeg die uie by. Voeg die knoffel na 5 minute by en braai tot die uie sag en goudkleurig is.
Voeg die varkrepies en sampioene by en braai 3 – 4 minute op hoë hitte tot bruin.
Voeg die paprika en tiemie by en braai nog 1 minuut.
Roer die tamatiepuree en die tamaties by die hoenderaftreksel, voeg bydie vleismengsel en laat dit prut vir ongeveer 10 minute of totdat die mengsel effens verdik het, die geure goed gemeng het en die varkvleis gaar is.
Roer die suurroom daarby en laat so 3 minute prut.

Om te bedien:
Gerol in pannekoeke of sit voor op borrie rys saam met die gekapte grasuie.

Resep en foto’s: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page