Your Recipe Blog

GEROOKTE LAMSBOUD IN DIE VARKIEOOND

Avatar photo
Recipe by
Prep: 3 dae | Cook: ongeveer 2 ure

GEROOKTE LAMSBOUD IN DIE VARKIEOOND

  • 1 lamsboud
  • akkerhout saagsels
  • Marinade:
  • 4 eetlepels heuning
  • 3 eetlepels Dijon mosterd
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 1 medium ui, gekerf
  • 1 teelepl sout
  • 1 teelepel witpeper

Meng alles saam en vryf dit in die vleis in, wat kepe in gesny is.
Giet die res van die marinade oor die vleis in ‘n bak, bedek met foelie en marineer in die yskas vir 3 dae.
Plaas die blad op foelie op die rooster van die varkieoond nadat dit tot ongeveer 160°C verhit is. (ek voel met die hand)
Maak omtrent ‘n koppie vol akkerhout saagsels klam met water en plaas op die bodem van die varkie binne in.
Maak toe en bak vir ‘n uur en reguleer die hitte sodat dit min of meer op 160°C bly.
Bak vir nog ‘n uur en haal uit.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page