GEROOKTE HOENDERPASTEI
Resep en foto: Marian van Deventer
- Sit die volgende in ‘n roker vir ‘n uur lank:
- 4 hoenderborsies, gesmeer met Pegro sous (die res gevries)
- 2 uie
- Sny die volgende in blokkies en kook in sout water tot sag:
- 4 wortels
- 4 aartappels
- Sny die gerookte uie op saam met die volgende en braai in bietjie olie:
- pakkie sampioene, opgesny
- 2 knoffelhuisies
- Voeg die volgende by die uiemengsel:
- 3 eetlepels mosterd
- 1 eetlepel heuning
- Ektra:
- 1 pakkie “cook in sauce – Honey and Mustard”
- 1 rol skilferkorsdeeg
- gemengde kruie
- songedroogte tamaties, fyn gekerf
- sesame sade
- Meng die groente by die uiemengsel in.
- Ontbeen die 4 hoenderborsies en voeg by die groentemengsel.
- Meng ‘n pakkie cook in sauce volgens die aanwysings op die pakkie.
- Kook vir so 5 minute en voeg by die hoendermengsel. Meng goed deur.
- Skep uit in ‘n bak wat in oond kan ingaan.
- Skilferkorsdeeg vir kors:
- Rol uit en sprinkel gemengde kruie, fyn songedroogde tamatie en sesame saad oor.
- Rol die deeg weer liggies met ‘n roller om dit effens vas te druk op die deeg.
- Plaas die deeg bo-op vleis om die kors te vorm. Smeer bietjie melk of geklitse eier oor.
- Bak vir 30 minute of tot goudbruin in voor verhitte oond 160°C.
Category:












