GEROOKTE HOENDERPASTEI
- Sit die volgende in ‘n roker vir ‘n uur lank:
- 4 hoenderborsies, gesmeer met Pegro sous (die res gevries)
- 2 uie
- Sny die volgende in blokkies en kook in sout water tot sag:
- 4 wortels
- 4 aartappels
- Sny die gerookte uie op saam met die volgende en braai in bietjie olie:
- pakkie sampioene, opgesny
- 2 knoffelhuisies
- Voeg die volgende by die uiemengsel:
- 3 eetlepels mosterd
- 1 eetlepel heuning
- Ektra:
- 1 pakkie “cook in sauce – Honey and Mustard”
- 1 rol skilferkorsdeeg
- gemengde kruie
- songedroogte tamaties, fyn gekerf
- sesame sade
Meng die groente by die uiemengsel in.
Ontbeen die 4 hoenderborsies en voeg by die groentemengsel.
Meng ‘n pakkie cook in sauce volgens die aanwysings op die pakkie.
Kook vir so 5 minute en voeg by die hoendermengsel. Meng goed deur.
Skep uit in ‘n bak wat in oond kan ingaan.
Skilferkorsdeeg vir kors:
Rol uit en sprinkel gemengde kruie, fyn songedroogde tamatie en sesame saad oor.
Rol die deeg weer liggies met ‘n roller om dit effens vas te druk op die deeg.
Plaas die deeg bo-op vleis om die kors te vorm. Smeer bietjie melk of geklitse eier oor.
Bak vir 30 minute of tot goudbruin in voorverhitte oond 160°C.
Resep en foto: Marian van Deventer