Your Recipe Blog

GEROOKTE BRISKET

GEROOKTE BRISKET

My man het die naweek vir ons ‘n brisket gerook met geweekte eikehout-, hickoryhout- en  kersiehoutskaafsels. Heerlik sappig en smaakvol gewees!

  • 1,3 kg ontbeende brisket
  • Vir die invryfmengsel:
  • ± 3 eetlepels sout
  • ± 3 eetlepels peper
  • ± 1½ eetlepels knoffelvlokkies

Maal die invryfmengsel in ‘n koffiemeul.
Vryf in vleis in en laat oornag staan in digte sakkie in yskas vir ongeveer 18 ure.
Draai vleis af-en-toe om.
Haal uit sowat twee uur voordat rookproses begin.
Rook vir vyf ure teen 120 °C en interne temperatuur van van 83 °C.
Haal van hitte af en plaas in foelie en laat rus vir een uur.
Sny en bedien.

Resep en foto: Tersia Vermeijs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page