Your Recipe Blog

GEROLDE SKAAPRIB GESTOP MET SPINASIE, FETA EN VARS KRUIE

Avatar photo
Recipe by
ongeveer 4 ure

GEROLDE SKAAPRIB GESTOP MET SPINASIE, FETA EN VARS KRUIE

Wanneer mens ‘n ribbetjie uithaal om te braai, en as hy ontvries is dan sien jy dit is ‘n ontbeende rib, en jy het nie eintlik iets lekker om hom mee te stop nie, dan gaan loop jy ‘n draai in die tuin en so word hierdie heerlike rol “gebore”. Mens kan regtig binne in sit waarvan jy hou hou, myne het alles uit my tuin gekom. Ek het die bietjie Cheddar kaas bygesit, want ek het gevoel die Feta is nie genoeg nie en ek het nie nog gehad nie.

  • Al die hoeveelhede is na smaak:
  • 1 ontbeende skaapribbetjie
  • 10 blare vars baba spinasie, fyn gekap
  • 1 wielietjie Fetakaas, gekrummel of meer
  • bietjie gerasperde Cheddarkaas
  • 6 vars basilliekruid blare, gekap
  • 2 vars roosmaryntakkies, blare afgetrek
  • paar spriete “garlic chives”
  • 3 takkies vars pietersielie
  • korrel mosterd
  • gekapte knoffel
  • 1 vars suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper – feta is reeds sout, versigtig
  • BBQ speserye

Lê die ontbeende ribbetjie oop op ‘n groot skinkbord.
Smeer die hele rib met korrel mosterd maar nie te dik nie.
Sprinkel die gekapte knoffel ligweg oor die hele rib.
Druk van die suurlemoensap uit oor die vleis.
Sprinkel al die ander bestanddele eweredig oor die rib, maar hou die laaste 5 cm van die rib verste van jou af oop, want as jy rol, druk die vulsel uit en sal daar dan ook vulsel wees.
Druk nog vars suurlemoensap uit oor die vulsel.
Rol die rib op en maak vas met ‘n toutjie sodat alles mooi in plek bly.
Strooi die rib met BBQ speserye en swart peper, al in die rondte tot die hele rol lekker bedek is.
Plaas in ‘n diep oondpan wat liggies met olyfolie besprinkel is.
Sit in die oond teen 170ºC vir ‘n uur onbedek, terwyl jy elke nou en dan die rol draai.
Maak die oondpan toe met foelie of ‘n deksel, draai die oond na 160ºC en bak verder vir ongeveer 2 ure. Draai elke nou en dan om.
Indien die rol baie dik is, sal dit langer neem, maar laat dit maar rustig verder gaar word en mooi kleur.
Haal uit die oond na ongeveer 3 ure, maak toe met foelie en laat staan vir ongeveer 30 min.
Sny in skywe en bedien met groente en stysel van jou keuse.
Ek het soetwortels en kapokaartappels van aartappels en patat gemeng saam bedien.
Geniet.

Resep en foto’s: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page