Your Recipe Blog

GEROLDE “PORK BELLY” OP DIE KOLE

GEROLDE “PORK BELLY” OP DIE KOLE

Ons braai vir vanaand was ‘n pork bellie.

  • 1 pork belly
  • sout en peper
  • sojasous
  • 2 appels
  • suurlemoensap
  • toeklap rooster

Sny die belly van ‘n kant af al in die rondte met ‘n skerp mes sodat dit een lang stuk vleis is.
Besprinkel dit met sout en peper na smaak en ook met ‘n bietjie sojasous.
Rasper die appels met die fyn kant van ‘n rasper en smeer dit op die gesnyde deel van die vleis.
Rol die vleis al in die rondte met die appel aan die binnekant.
Steek die rol vas met sosatiestokkies.
Wanneer jy die vuur aansteek plaas die vleisrol in ‘n toeklap rooster langs die vuur soos ‘n staanrib en draai dit een of twee keer om.
As die vuur uitgebrand is, smeer die vleis met ‘n bietjie suurlemoensap.
Braai op flouerige kole net om die vleis ‘n braai kleurtjie te gee.

Dit is djeeeeerlik en sappig.
Ons het dit geniet saam met aartappel slaai.

Resep en fotos: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page