GEPOSJEERDE EIERS EN TAMATIES OP ROOSTERBROOD
Gister lees ek die plasing van geposjeerde eiers en het dit vanoggend gemaak. Dit is my eerste probeerslag met geposjeerde eiers en dit was nou lekker.
- 2 eiers
- 1 eetlepel suurlemoensap of asyn
- sout en peper na smaak
- 2 snye geroosterde volgraan brood
- 2 eetlepels hummus
- 2 skyfies kaas
- roketblare
- baba tamaties, in skyfies gesny
Plaas sowat 5 cm water in ‘n pan en voeg die suurlemoensap of asyn by. Bring tot net onder kookpunt.
Breek die eier in ‘n klein bakkie en laat dit liggies in die kookwater ingly. Herhaal met al die eiers.
Kook vir sowat 3 – 4 minute totdat die eierwit gestol het, maar die geel nog sag is (of soos jy verkies).
Smeer die roosterbrood met hummus en pak die res van die bestanddele bo-op die hummus en skep dan die sagte eier bo-op.
Sit bietjie vars gemaalde swartpeper op die eier en bedien.
Lekker eet.
Resep en foto: Annelize Duvenhage