GEPLUISDE KERRIEHOENDER
- 1 heel hoender
- sout en gemaalde swartpeper
- ½ suurlemoen
- 1 ui, grof opgesny
- 1 knoffelhuis, fyn opgesny
- 6 medium wortels, opgesny
- 200 g sampioene, opgesny
- 1 selderystingel, opgesny
- 1 medium patats, opgesny
- 240 ml hoenderekstrak
- 6 wonderpeper korrels
- 3 naeltjies
- 1 lourierblaar
- 15 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 5 ml paprika
- 5 ml komyn
- 5 ml gemmer
- 10 ml gemengde kruie
- 15 ml bruin suiker
Verhit die oond tot 160°C.
Plaas die hoenderekstrak in ‘n diep oondbak met ‘n deksel saam met die uie, knoffel, wortels, seldery, wonderpeper, naeltjies en lourierblaar.
Geur die hoender met sout en peper en plaas die halwe suurlemoen in sy maag holte, plaas bo-op die uiemengsel in die bak op sy rugkant.
Bedek en plaas in die oond vir 1½ uur.
Voeg die patat halfpad voor die einde by en die sampioene 10 minute voor die einde van die kooktyd.
Haal die hoender uit op ‘n groot bord, haal die suurlemoen uit sy maag, pluis en ontbeen die hoender en hou eenkant.
Skep genoeg vloeistof uit die pot in ‘n bak of beker, voeg al die speserye by en roer totdat die suiker opgelos is en alles goed gemeng is.
Plaas die gepluisde hoender terug in die pot en giet die kruiemengsel oor.
Roer liggies deur en plaas terug in die oond vir 30 minute tot goed verhit.
Maak ‘n kapokaartappel dammetjie en skep die gepluisde kerriehoender daarin.
Nota:
Sommige mense noem dit landmyn hoender!
Resep en foto: Johan Rossouw