GEPIEKELDE RISSIES
15 kilogram rissies vir gepiekelde rissies. Dit gaan die geskenkie aan die gaste wees by ‘n troue.
Ek sal maar die bruid wat dit versoek se woord moet glo – sy sê dis baie lekker. Ek het nie een van die 3 sample resepte eers probeer proe nie, ek is te veel van ‘n chicken wat warm goed betref.
Die rooies is veronderstel om Jalapeno chilli te wees en die groenes was Serano. Dis albei maar baie warm.
My resep is vir ‘n hoeveelheid van 1 kg. Ek moes 40 maak van die gemengde een in die middel. Ek het egter nog van die rissies oorgehad en ook omtrend 500 g van die oranje een. Ek het ‘n klompie sweet chilli sous en ook sweet chilli jellie van die rooies gemaak.
Ek het vir haar van die chilli sous en die geel een ook elk ‘n paar bottels bygegee vir die ouens (soos ek) wat lig in die broek is met chillies en die geel een vir die met stainless steel kele.
Van die ± 2 kg van die rooi en groenes het ek op die ou end met die voedselverwerker opgechop en met dieselfde piekelsous ingelê. Ek is nou vir eers effens klaar gewerk met chillies!
- PRESERVED WHOLE CHILLIES (of opgesny)
- 250 g fresh red/ green or mixed chillies
- 250 ml castor sugar (ek gebruik gewone wit suiker)
- 750 ml white wine vinegar
- 10 ml black pepper corns
Rinse the chillies, let dry completely. Pack in sterilised glass jars.
Bring the sugar, vinegar and peppercorns to boil and cook for 5 minutes before pouring the hot liquid over the chillis.
Leave a bit of space to form a vacuum.
Whipe the rim with a clean damp cloth, screw on sterilised lids.
Ek doen die proses effens anders:
Plaas die rissie wielietjies / heel rissies in koue sterk soutwater vir 18 tot 24 uur – dit maak dit bietjie “crispy”.
Spoel af en laat droog drup.
Pak dan in die bottels en giet die kokende piekelmengsel oor.
Ek skroef die deksels net tot ‘vinger styf’ vas, sit die bottels in kookwater tot so bietjie onder die deksel en laat die water kook vir so 5 minute om te verseker dat enige lugborrels wat in die bottel is ontsnap.
Haal uit die kookwater, draai die deksels goed vas en laat afkoel.
Op die foto is van die produkte wat met daardie rissies gemaak is.
Die een regs is dieselfde resep as die gemengde een – dis net baie warmer rissie.
Resep en foto’s: Petro Borchard – from book – ‘Relish’