Your Recipe Blog

GEPIEKELDE RISSIE UIE

GEPIEKELDE RISSIE UIE

  • 1.5 kg klein uitjies
  • 750 ml bruin asyn, gemeng met ½ koppie bruinsuiker
  • 4 lourierblare in elke bottel
  • heel swartpeper korrels
  • 2 wortels, geskil en in repe gesny, opsioneel
  • 10 rooi rissies, gesny en tussen die bottels gedeel

Giet koue water gemeng met growwe sout oor die uie en laat staan oornag.
Die volgende oggend, giet die water af en giet warm kookwater oor die uie tot dit bedek is.
Laat staan vir 15 minute en verwyder die buite blare om die uie.
Meng die bruin asyn met die suiker.
Maak bottels vol uie, wortelstokkies indien jy dit gebruik, peperkorrels en die rissiestukkies,  maak die bottels vol met die asynmengsel.
Seël die bottels met nuwe proppe.

Resep en foto: Andre Storm

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page