GEPIEKELDE KERSIE TAMATIES
- 1.5 kg kersie tamaties
- 180 g sout
- 6 knoffel huisies
- 6 rooi brand rissies
- 1.25 liter wit wyn asyn
- 150 g wit suiker
- 15 ml pekelspeserye (pickeling spice)
- 15 ml kruienaeltjies
- 15 ml swart peperkorrels
- 1 stokkie pypkaneel
Keep ‘n kruisie aan die wortel kant van die tamatie in.
Verhit die bestanddele saam behalwe die tamaties tot kookpunt en kook 10 min.
Haal die pypkaneel uit.
Pak die tamaties in warm flesse sonder om hulle te breek.
Giet die asynmengsel oor die tamaties in die flesse en verseël dadelik.
Laat nou ryp word vir tenminste 3 weke.
Resep en foto: Johan Du Preez Snr
Eerste keer dat ek van gepiekelde Tamaties op hul eie hoor. Ek is van plan om volgende jaar grootmaat tamatietjies aan te plant en verskillende produkte daarvan te
te maak. Die resep is so in my kraal, Dankie.