GEPEKELDE WATERBLOMMETJIES
-
500 – 600 g skoon waterblommetjies
-
2½ koppies witasyn
-
1½ koppie ligte bruinsuiker
-
3-5 knoffelhuisies
-
1 teelepel swartpeperkorrels
-
1 teelepel koljanderkorrels (heel)
-
3-4 kaneel stokkies
-
Opsioneel:
-
3 jalapenos gesnipper
-
1 rooi ui gekap
Smelt die suiker en asyn in ‘n pan, voeg die ander bestanddele asook die waterblommetjies by.
Met die deksel op, bring tot kook.
Giet dit in voorbereide glashouer en laat dit oop staan tot afgekoel.
Verseël en bêre in die spens vir 3 weke voor gebruik.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen