Your Recipe Blog

GEPEKELDE SUURLEMOENE

GEPEKELDE SUURLEMOENE

  • suurlemoene
  • 2 koppies witasyn
  • 2 eetlepels sout
  • 1 knippie gemengde pekelspeserye
  • ekstra sout vir tussen die lae

Sny die suurlemoene in skyfies.
Maak die pekelwater aan deur die asyn, sout en die pekelspeserye bymekaar te voeg.
Roer die pekelmengsel totdat die sout opgelos is.
Pak die suurlemoenskywe in ‘n vooraf gesteriliseerde bottel en strooi bietjie sout tussen die lae.
Vul die bottel met die pekelwater en laat staan in die yskas tot benodig.

Nota:
Ek gebruik dit in slaai en die dag as daar nie vars suurlemoen is nie sit ek dit voor by vis. Wanneer daar ‘n Tequila drinker is, kan hy dit ook gebruik, dit is selfs mooi op die rand van ‘n glasie. Jy kan ook ‘n skyfie in die skottelgoed se afspoelwater voeg om die seep te neutraliseer.

Resep en foto: Fesia Uota

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page