Your Recipe Blog

GEPEKELDE “SILVERSIDE”

GEPEKELDE “SILVERSIDE”

  • Pekel:
  • 2.5 tot 12 kg vleis
  • 5 liter water, gekook en afgekoel
  • 500 ml sout
  • 25 ml salpeter
  • 90 ml suiker
  • 30 ml koeksoda
  • Speserye:
  • 1 eetlepel gemaalde koljander
  • 2 eetlepels gekraakte swartpeper
  • 1 eetlepel gewone paprika
  • 1 eetlepel gerookte paprika

Meng die pekel bestanddele saam in ‘n emalje of plastiek houer, groot genoeg dat die vleis onder die vloeistof bedek kan wees.  Plaas die vleis daarin, en sit gewig op dat die vleis bedek bly.
Pekel vleis 4 dae.
Haal uit en droog af.

Meng speserye en rol gepekelde vleis goed daar in.
Gooi 4 koppies water in oondbak, sit draadrak in  die oondbak en plaas vleis bo-op, maak goed toe met foelie en bak in voorverhitte oond teen 160 ºC vir 4 ure.
Koel vleis goed af, sny dun en bêre.

Resep geplaas en getoets deur Hendrik Markgraaff
Foto:  Hendrik Markgraaff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page