GEPEKELDE KAPPERTJIESADE
Kappertjiesaad moet soos olywe, eers geweek word om van die bitterheid ontslae te raak. Spoel die sade goed om van alle stof ontslae te raak. Gooi enige sade met gaatjies in, weg. Week die sade in skoon water vir 3 dae en vervang met skoon water elke dag. Die skoon water verwyder die bitterheid en moedig die kweek van gesonde swamme aan.
- ½ koppie skoon, vars kappertjiesade
- ½ koppie wit of appelasyn
- ½ koppie water
- 1 eetlepel sout
Maak die pekelwater met die asyn, water en sout (ek verhit dit eers tot net so onder kookpunt).
Plaas die kappertjiesade in ‘n gesterilisiseerde glashouer en maak vol met die warm pekelwater.
Seël dadelik.
Laat ten minste een week staan voor gebruik.
Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo













