Your Recipe Blog

GEPEKELDE EIERGELE

GEPEKELDE EIERGELE

Volgende keer as jy dalk ‘n hoop Meringue moet maak en jy sit met ‘n span gele wat nie werk het nie. Pekel of soos die Engelse sê “ cure”, hulle in ‘n mengsel van helfte sout en suiker en miskien ‘n bietjie gerasperde suurlemoenskil! Laat staan so in die sout vir 7 dae! Haal uit, spoel af en droog in oond vir omtrent 1 uur op 60°C.

Rasper oor slaaie, pastas en selfs slap chips!
Dit werk ook goed saam met Steak Tartare of rou steak soos die Franse dit graag eet of op Capraccio! Dit is ‘n baie lekker en goedkoop manier om Parmesaan te vervang! Maar net nog ‘n gebruik vir die veelsydige dog eenvoudige eier!

Idee en foto: Tippie Kokkedoor

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page