GEORGINA SE HOENDERGEREG
- 1 hoender (ek het 3 groot hoenderborsies gebruik)
- 2 blokkies hoenderekstrak
- 2 teelepels hoender speserye
- 250 ml skulpie noedels
- 100 ml mayonnaise
- 150 g aartappelskyfies, fyn gebreek
- 600 ml witsous
- 50 ml gekapte pietersielie
- 2 eiers, geklits
- 150 g sampioene
- 250 g ontbytspek
Kook hoender sag en ontbeen, sny vleis in stukkies. Kook noedels sag en dreineer.
Maak witsous en klits eiers vinnig in warm witsous in.
Meng hoender, noedels, sampioene, spek, mayonnaise en die helfte van die witsous, skyfies en pietersielie saam. Skep in gesmeerde oondskottel.
Los die ekstak op in ‘n koppie kookwater, roer die hoender speserye daarby in en giet oor die mengsel in oondskottel.
Skep die res van die witsous oor.
Sprinkel res van aartappelskyfies oor en bak by 190ºC vir ± 25 minute.
Nota:
Ek het hoendergegeurde Cheese Nacks in plaas van aartappelskyfies gebruik.
Resep geplaas deur Georgina Van Rensburg
Foto: Adam Cloete