Your Recipe Blog

GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIEBREDIE IN DIE DRUKPOT

GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIEBREDIE IN DIE DRUKPOT

  • 1 kg gemsbok skenkeltjops
  • 500 g bredie varkvleis
  • 1 groot ui
  • 2 aartappels
  • 800 g waterblommetjies
  • sout na smaak
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 eetlepel gerookte paprika
  • 5 kruienaeltjies
  • 1 teelepel koljanderpoeier
  • 2 eetlepels olyfolie

Braai uie in die olyfolie in die stoompot saam met die speserye, behalwe die sout, tot sag.
Braai die skenkeltjops en die varkvleis vir ‘n paar minute saam met die uie en voeg ‘n koppie water by. Stoom vir ongeveer 30 minute. Voeg nou die waterblommetjies en die aartappels by, geur met sout en stoom vir nog 10 minute.
Roer versigtig deurmekaar en plaas oor in opdienbak.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page