GEMSBOK “SIRLOIN” IN DIE OOND
- ± 1.5 kg vars wilds “sirloin”
- sout en peper
- ½ koppie olyfolie
- 3 eetlepels Balsamiese- of bruinasyn
- knoffelbotter
- Feta kaas
- bees spek (Bakon)
Meng olyfolie en asyn en smeer die vleis goed in.
Steek gaatjies in die vleis met ‘n breëlem mes en stop elke gaatjie met bietjie knoffelbotter en ‘n stukkie Feta kaas. Sprinkel met sout en growwe swartpeper en smeer behoorlik in met die olie mengsel.
Drapeer nou die heerlike stukkie vleis in bees BAKON, en steek dit op die kante met tandestokkies vas, sodat die Bakon nie opkrul in die bakproses nie.
Voorverhit die oond tot 200 ºC op “bake and grill” en plaas die vleisie in die oond vir 30 minute.
MURGSAG! en uit die boeke uit.
Saam met ‘n groen slaai, en gebraaide aartappels.
Resep en foto: Stefaans Blaauw