GEMMERPOEDING
- 1 eetlepel botter
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- knippie sout
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie melk
- 1 teelepel koeksoda
- Sous:
- 2 koppies water
- 1 koppie suiker
- ½ teelepel gemmerpoeier
Meng koeksoda met die melk en roer om die beurt met die meel by die bottermengsel.
In ‘n pot op die stoof – kook water, suiker en gemmer tot suiker gesmelt is.
Draai plaat stadiger en skep lepelsvol deeg in die stroop.
Sit die pot se deksel op en laat stadig kook vir 15 minute. Moenie deksel oopmaak gedurende die kooktyd nie, dan sal die kluitjies toeslaan.
Haal van die plaat af, en maak die deksel oop om op te skep.
Bedien met vla.
Resep en foto : Annemieke Habeck Briedenhann