GEMMERPOEDING IN DIE OOND
- Sous:
- 375 ml suiker
- 625 ml kookwater
- 7 ml suurlemoensap of asyn
- Beslag:
- 125 g sagte margarien
- 50 ml appelkooskonfyt
- 62 ml suiker
- 12 ml koeksoda, opgelos in 7 ml suurlemoensap of asyn
- 375 ml koekmeel
- 7 ml fyn gemmer
- 3 ml kaneel
- 2 ml sout
- 190 ml melk
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer of spuit ‘n oondvaste bak.
Meng die bestanddele vir die sous en verhit tot die suiker opgelos is. Giet in die oondbak.
Klits die margarien, appelkooskonfyt en suiker saam in ‘n mengbak tot goed gemeng.
Voeg die koeksoda by en meng deur.
Sif die droë bestanddele saam en voeg beurtelings met die melk by die margarien mengsel.
Meng deur en skep in die voorbereide oondbak van ongeveer 27 x 20 cm.
Bak 50 minute of tot toetspen skoon uit poeding uitkom.
Bedien met vla.
Resep en foto: Amanda Austen