Your Recipe Blog

GEMMERKONFYT

GEMMERKONFYT

Die konfyt is ‘n groot werk, 1 maand se werk.
Skil die gemmer met ‘n teelepel en sny dit in gewenste stukkies.
Begin deur die gemmer uit te vars deur dit elke oggend en aand met vars kookwater te bedek vir 4 weke.
Na die 4 weke, plaas die gemmer in ‘n kastrol, giet genoeg water op die gemmer om dit te bedek en bring tot kookpunt.
Kook die gemmer tot dit sag is (ongeveer 5 ure) en deineer die water af.
Maak intussen ‘n stroop van 1 koppie water op ½ koppie suiker, genoeg stroop om die gemmer te bedek.
Kook die stroop en gemmer tot die stroop dik is (het my 8 ure geneem).
Bottel die gemmer en stroop in gesteriliseerde flesse en seël die flesse.

Nota:
Dis heerlik, maar ek weet nie of die kool die sous werd is nie. Dalk goedkoper om dit te gaan koop.

Resep: Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page