Your Recipe Blog

GEMMERHUISIES MET “ROYAL ICING”

Recipe by
| Servings: 2 huisies

GEMMERHUISIES MET “ROYAL ICING”

Ek wou dit nog altyd probeer, nou het ek en ek is nogal trots op myself. Nou wonder ek wie die ‘lucky one’ is wat dit gaan kry.

  • 226 g botter, ek gebruik Wooden spoon
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 114 g versiersuiker
  • 300 g koekmeel
  • knippie sout
  • 2 teelepels gemmer
  • ½ teelepel fyn naeltjies

Room die botter, klits die eier en vanilla by die botter en meng goed.
Sif die versiersuiker, meel, gemmer, naeltjies en sout saam.
Voeg die droë bestandele by die bottermengsel en meng tot ‘n sagte deeg vorm.
Plaas die deeg in die yskas en laat dit rus vir ten minste ‘n ½ uur.
Rol die deeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en druk jou gunsteling vorms uit.
Plaas die vorms op ‘n voorafbereide bakplaat.
Plaas die bakplaat met vorms in die vrieskas vir 10 min.
Bak die vorms in ‘n voorafverhitte oond by 180°C tot ligbruin.
Laat die gemmerpanele heeltemal afkoel, voor dit aanmekaar geplak word met “royal icing” om die gemmerhuisies te vorm.

  • “Royal Icing”
  • 1 eierwit
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • versiersuiker, genoeg om ‘n stywe versiersel te vorm

Klits die eierwit styf, totdat punte vorm.
Meng die suurlemoensap en genoeg versiersuiker by die styfgeklitste eierwit totdat die versiersel dik genoeg is om die huisie se panele en dak aanmekaar te plak en ook buite om te versier. Gebruik ‘n spuitbuis waar nodig.

Nota:
Hierdie is die resep vir die beste uitrol koekie.
Ek het 2 huisies uitgekry, daar was nog bietjie deeg oor, waarmee ek sommer paar hartjies uitgedruk het.

Resep en fotos: Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page