GEMMERBROOD MANNETJIES EN VROUTJIES
Sowat 50 klein mannetjies met ‘n uitdrukker van 5 x 5 cm.
- 125 g (135 ml) botter
- 100 g (125 ml) bruinsuiker
- 1 eiergeel
- 350 g (625 ml) koekmeel
- 5 ml koeksoda
- 15 ml fyn gemmer
- 40 ml gouestroop
Verhit oond tot 180 ºC. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Room botter en bruinsuiker met elektriese menger tot lig en romerig. Voeg eiergeel by en klits goed.
Sif koekmeel, koeksoda en gemmer saam. Voeg droë bestanddele en stroop geleidelik by bottermengsel.
Meng goed ná elke byvoeging. Knie mengsel goed op werksoppervlak.
Rol deeg uit tussen twee lae waspapier tot ongeveer 3 mm dik. Druk uit met ’n mannetjie-uitdrukker.
Plaas koekies op die uitgevoerde bakplaat en bak vir 10 minute. Laat afkoel.
- Meng saam vir die versiersel:
- 1 eierwit
- 200 g versiersuiker
- 10 ml poeier voedselkleursel
Versier koekies soos verkies.
Resep en foto: Marisa Ferreira
Wow thanks for the recipe
thank you for recipe and the pictures to paint them