GEMMERBROOD HUISIE
Wou ‘n groot gemmer huis maak wat soos houthuis lyk. Het onderstaande resep paar keer aangemaak.
Versiering van Royal icing en sout stokkies.
- 4 koppies koekmeel
- 5 ml gemmer
- 5 ml kaneel
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 250 ml botter
- 250 ml ligte bruinsuiker
- 1 eier
- 65 ml gouestroop en 60 ml Molasse (of 125 ml gouestroop)
Sif meel, gemmer, kaneel en bakpoeier saam.
Meng eier, stroop en koeksoda – sit eenkant.
Room botter en suiker tot bleek.
Voeg eier/stroop mengsel by. Meng goed deur.
Voeg droë bestanddele by en meng tot deeg mooi vorm.
Deel deeg in 2 dele en vorm balle.
Druk die bal effe plat, draai toe in clingwrap en sit in yskas vir so 15 min.
Rol so 4-5 mm dik uit en sny vorms. (Kan ook uitrol en koekie vorms uitdruk)
Bak by 160 ˚C vir so 10-15 min. totdat dit goud bruin om kante word.
Sit huisie aanmekaar met royal icing.
Ek het versiersuiker gebruik vir “decoration”.
Foto en resep: Frances Smith