Your Recipe Blog

GEMMER MALVAPOEDING

GEMMER MALVAPOEDING

Was vandag lus vir gemmerpoeding, maar hou nie van ‘n sterk gemmer smaak nie. Ek is ook nie ‘n liefhebber van ‘self saucing’ poedings nie. Het toe hierdie gemmer malva poeding gekry. Dis regtig heerlik!

  • Deeg:
  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml witsuiker
  • 250 ml melk
  • 1 groot eier
  • 15 ml margarien
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml witasyn
  • 10 ml fyn gemmer
  • Sous:
  • 500 ml melk
  • 125 ml margarien
  • 160 ml witsuiker

Verhit oond tot 180°C.  Smeer ‘n groot tertbak.
Klits suiker, asyn, konfyt, eier en botter tot romerig. Los koeksoda op in melk. Voeg meel en gemmer by botter mengsel om die beurt met melk en meng tot glad. Gooi in gesmeerde bak.
Bak sowat 30 minute tot heeltemal gaar.

Terwyl poeding bak, los suiker en botter op in melk oor matige hitte in kastrol. Kook vir 5 minute.
Prik gate in poeding sodra uit oond kom en gooi sous dadelik oor.
Sit net so voor, of met vla.

Foto:  Elaine Steyn Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page