GEMMER EN SUURLEMOEN HOENDER FETTUCCINE
Vinnige gereggie as mens min tyd het en smaak vorentoe.
- 1 groot ui
- 1 huisie vars knoffel
- 10 mg vars gemmer
- 3 opgesnyde hoenderborsies
- sap van 1 suurlemoen
- 1 pakkie sampioensop
- 500 g Fettuccine
Braai die ui, knoffel, gemmer hoenderborsiestukkies saam. Drup die suurlemoensap oor.
Meng die pakkie sampioensop met bietjie water en meng by.
Kook net vinnig alles saam en sit plaat af.
Kook die Fettuccine soos op die verpakking.
Skep die pasta in elke bord en skep die hoender bo-op, garneer met vars pietersielie.
Resep en foto: Santie Hain