Your Recipe Blog

GEMMER BROSBROOD

Cook: 40 minute | Servings: +- 16 blokkies

GEMMER BROSBROOD

  • 200 ml mielieblom (Maizena)
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml fyn gemmer
  • knippie sout
  • 250 g botter by kamertemperatuur
  • 125 ml strooisuiker
  • Bo-laag:
  • 75 ml botter
  • 5 ml fyn gemmer
  • 100 ml versiersuiker, gesif
  • 37 ml gouestroop

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Bespuit ‘n vierkantige koekpan van 21 x 21 cm met kleefwerende kossproei.
Sif die mielieblom en koekmeel twee keer saam, voeg die sout en gemmer by en meng deur.
Klits die botter in ‘n mengbak tot lig en donsig, ongeveer 2 min.
Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl aanhoudend geklits word.
Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng liggies tot ‘n sagte deeg vorm.
Druk die deeg in die voorbereide pan en sny in blokkies van 5 x 5 cm.
Plaas die pan in die voorverhitte oond en bak vir 10 minute.
Verlaag die oondtemperatuur tot 160ºC en bak verder vir ongeveer 30 minute tot ‘n ligte strooikleur.
Berei die bo-laag deur al die bestanddele saam in ‘n klein potjie te voeg en stadig te verhit.
Roer tot gesmelt en smeer die mengsel oor die gaar brosbrood met ‘n kwas.
Laat die brosbrood met die bo-laag afkoel, sny in bokkies en skep die blokkies uit die pan.
Bêre die blokkies brosbrood in ‘n lugdigte houer.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page