Your Recipe Blog

GEMENGDE VRUGTEKONFYT

GEMENGDE VRUGTEKONFYT

Ek het klompie oorryp vrugte gehad en dié gemengde vrugtekonfyt gekook. Baie lekker gekom.

  • 1½ kg gemengde vrugte van keuse
  • ½ koppie water
  • 1.20 kg suiker
  • gemmer na smaak, opsioneel
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Sny die vrugte kleiner en plaas dit saam met die water in ‘n pot op die stoof.
Bring die vrugte en water stadig tot kookpunt en kook tot die vrugte sag is, ongeveer ‘n ¼ uur.
Voeg die suiker en gemmer by die vrugtepulp en kook tot dit die regte dikte is.
Voeg die suurlemoensap by, net voor dit klaar gekook is en meng deur.
Bottel die vrugtekonfyt in gesterilliseerde bottels en seël dadelik.

Nota:
Ek het die gekookte vrugte in die voedselverwerker fyner gemaak.
Gebruik vrugte wat jy beskikbaar het, aarbeie, bloubessies, pitlose druiwe, piesangs, appels geskil, ens.

Resep en fotos: Hannetjie Langenhoven

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5